Doccie Shields
Motiverinsgspreker, Landbou Liefhebber, Suid-Afrikaner
- Motiveringspreker
- Seremoniemeester
- TV & Radio Aanbieder
- Lekker mens
Wie is Doccie?
Op die ouderdom van ses het Doccie sy geboorte ma tragies verloor, en is hy aangeneem deur ‘n gesin in Bethlehem. Sy kinderjare as ‘n boerseun in die Vrystaat het hom gevorm en ‘n groot rol gespeel in wie hy vandag is. Van kleins af het Doccie gereeld perd gery en elke geleentheid aangegryp om plaas toe te gaan.
Op skool was Doccie “buitelug behep” en baie lief vir sport – veral rugby – maar kultuur het geensins agterbly nie. Hy het saam met die ander “rugby manne” aan konserte deelgeneem en het op hoërskool in ‘n seuns-Sêrgroep gesing.
Na skool reis Doccie oorsee om sy horison te verbreed. Na ‘n jaar keer hy terug en begin sy loopbaan as radio omroeper by ‘n plaaslike radiostasie in die Oos-Vrystaat. Op die ouderdom van 20 is hy raakgesien deur ‘n groter stasie in die Vaal Driehoek en het hy die skuif Vanderbijl toe gemaak, waar hy terselfdertyd voltyds gewerk het as ‘n restaurant bestuurder. Doccie sê dit is as gevolg van hierdie hoofstuk van sy lewe dat hy nie bang is vir harde werk nie.
In die volgende hoofstuk van sy lewe het Doccie vyf jaar toegewy aan droogtehulp vir die Suid-Afrikaanse boere. Huidiglik leef hy weereens beide sy passie vir landbou en sy liefde vir radio uit. Jy kan hom soggens tussen vyf en ses op Bok Radio hoor, en sedert 2023 is hy ook betrokke by Leeuwenkuil Family Vineyards.
“Daar is groot dinge op die horison vir my en Leeuwenkuil,” terg Doccie. ” Hou ons dop!”
In 2022 het Doccie besluit dat hy ook in die jeug wil in ploeg deur sy storie en boodskap by skole te deel. “Ek glo dat daar baie talent daar buite is, maar ook baie seer in kinderharte. My storie mag dalk net een of twee kinders oortuig om nooit moed te verloor nie.”
Doccie het sy eerste motiveringspraatjie vroeg in 2022 by Hoërskool Wolmaranstad gelewer, en die terugvoer van studente was hartroerend – ‘n ware getuienis van wat Doccie het om te bied.
“Familie, vriende, geloof is my mandaat. Met hierdie aspekte sal ek nooit vergeet wie ek is en waartoe ek in staat is nie. Ek het die regte ondersteuning, my denkwyse is gesond, ek word gedryf deur geloof en ek sal altyd doelgerig bly om n sukses te maak van alles wat ek aanpak.”
Bespreek vandag
Nooi Doccie na jou besigheid, skool, fees of funksie
Motiveringspreker
Doccie deel graag sy lewenslesse met skoolkinders en lewer ook praatjies by funksies.
Seremoniemeester
Doccie se pragtige Afrikaans maak hom ‘n ideale seremoniemeester en aanbieder by feeste en funksies.
Sosiale media promosie
Doccie geniet dit om ander te help om sukses te behaal, en adverteer graag die produkte en besighede waarin hy glo.
